Anna Atoom en die digitale draak
1 Offer from: R 155.00
Brand: UnbrandedModel: PLID36635181
Last Updated: 2020-06-06
In die derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en 'n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor.