Die boom se naam is Bojabi
1 Offer from: R 189.00
Brand: UnbrandedModel: PLID34349939
Last Updated: 2020-06-06
Die diere is so, so honger. Dan sien hulle 'n pragtig boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste veselperske, vet soos 'n spanspek, sappig soos 'n granaat ... Maar styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet as hulle hom kan se wat die naam van die boom is. Wat kan dit wees? Net die Koning van die Oerwoud weet, en hy is baie, baie ver weg ... Dis 'n storie vir kinders (en grootmense) wat hou van speelse name en rympies. Die herhalende element beklemtoon die idee dat 'n storie 'n reis is. Die skrywer se dat wanneer sy die storie vertel, speel sy 'n Afrika-duimklavier (m'bira) en gebruik perkussie vir ekstra ritme. Die trefkrag van die verhaal le in die skilpad wat vir die ander diere hoop gee. Aan die einde is daar 'n groot gevoel van triomf.