>  Books  >   Children & Young Adult  >   Childrens Books  >  Lied van die Vallei : Grade 8
Lied van die Vallei : Grade 8


Lied van die Vallei : Grade 8

1 Offer from:   R 139.00

Brand: Unbranded
Model: PLID34527356
Last Updated: 2020-06-06

Product Information

Kategoriewenner van SAVI-Via Afrika Vertalersprys 2006 vir uitmuntende vertaling. Inwoners van Nieu-Bethesda praat van hulle dorpie en die omgewing as die Vallei, en Athol Fugard het sy inspirasie vir sy karakters, Veronica en Buks, in die dorpie gekry. Die storie is op die oog af eenvoudig. Kategoriewenner van SAVI-Via Afrika Vertalersprys 2006 vir uitmuntende vertaling. Inwoners van Nieu-Bethesda praat van hulle dorpie en die omgewing as die Vallei, en Athol Fugard het sy inspirasie vir sy karakters, Veronica en Buks, in die dorpie gekry. Die storie is op die oog af eenvoudig: Die ou bruin man, Buks, is lief vir die stuk grond waar hy groente kweek. Hy hoop dat sy kleindogter by hom sal bly en die waarde van die grond besef. Sy wil egter 'n gewilde sangeres word en tot Buks se groot teleurstelling besluit sy om Johannesburg toe te trek. Sy probleem word vererger deur die feit dat 'n wit man (Die Skrywer) die stuk grond wil koop. Die belangrikste kwessies en verhoudings in die drama word meesterliker al komplekser gemaak. Aan die einde van die stuk is daar 'n groot gevoel van verlies, maar daar is ook 'n gevoel van versoening en groei wanneer Buks en

Skrywer saam op die plaas die toekoms inbeweeg. Lied van die Vallei besing eintlik die menslike vreugdes en konflik waaruit die lewe bestaan. Die drama wat oorspronklik in Engels geskryf is, heet Valley Song. Dit is deur Idil Sheard, 'n opvoedkundige en inwoner van Nieu-Bethesda, vertaal. "'n Flink tempo en oortuigende dialoog wat gemaklik oor die tong rol." Janie Oosthuysen, bekende vertaler van kinderliteratuur "Lied van die Vallei is 'n ontroerende oorgangsdrama: van grootword en oud word, van die ou orde wat moet plek maak vir die nuwe en van groei wat met verlies gepaard moet gaan. Die persoonlike klein storie roep 'n groter politieke situasie sonder geforseerdheid op. En soos Buks sy handvol Karoo pampoenpitte plant, plant ook die goed geoefende Fugard sy eenvoudige en gestroopte beelde om 'n wereld van kompleksiteit op te roep. Hierdie is 'n ideale kennismaking met 'n teaterteks. Nie net is dit 'n beeldskone en lekker ‘leesbare' drama nie, maar dit onthul ook soveel oor die tegnieke en konvensies van die teater as spel.



EAN: 9780636055308
Load Time: 0 seconds