>  Music & Entertainment  >   Movies, Music & Entertainment  >   DVDs  >  Abraham
Abraham (DVD)


Abraham (DVD)

1 Offer from:   R 149.00

Brand: kykNet
Model: PLID41302094
Last Updated: 2020-07-16

Product Information

Abraham, die jongste rolprent deur die legendariese fliekmaker Jans Rautenbach, vertel die verhaal van Abraham (vertolk deur DJ Mouton) – 'n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroëe 1980's. Abraham is 'n toegewyde familieman wat sukkel om finansieel vir sy jong vrou, Katie (vertolk deur Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien. Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy weldoeners, Jong Jans (Hannes Muller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel). Abraham en Katie trek na 'n nuwe huis waar Abraham begin werk vir Jong Jans. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug. Abraham is 'n tragiese dog inspirerende storie deurtrek met die musiek van Kannaland; 'n intieme, emosionele kyk-ervaring, geskryf, vertel en onder die regie van Jans Rautenbach.



EAN: 6004416126679
Load Time: 0 seconds