Die Boekklub Seisoen 2 (DVD)
1 Offer from: R 219.00
Brand: UnbrandedModel: PLID47077651
Last Updated: 2020-11-07
Ons keer terug na die klein dorpie in die Koup-Karoo, Merweville. Tom is nog daar. Sofia ook. Hulle besit steeds die gastehuis. Hulle baklei nog elke dag. Lillie is in Parys. Sy en Tom praat gereeld. Anna heel die mense op die dorp. Herman boer en gaan kuier naweke vir Altus. Hanli is swanger, bak en is so trots op haar dogter wat nou op universiteit is. Sy en Gert WhatsApp elke dag. Dit gaan goed met hom in Kanada. Gerwin maak vir Andre groot en werk hard by die skool. Sy't groot planne. Janee, die lewe gaan aan. Maar die lewe is nie 'n feeverhaal nie. BeKe het gedink haar werk is klaar toe Tom terugkeer. Sy kan nou in vrede die hiernamaals betree. Miskien moes sy 'n rukkie langer gebly het, want vir die lede van die boekklub le 'n moeilike tyd voor. Daar's geboortes en troues en liefde, maar ook begrafnisse en hartseer en verlange. Die boekklublede gaan mekaar nou nodiger as ooit he. Ons is mos maar altyd sterker saam as alleen. En wat help dit nou om te huil oor alles? Ons lag eerder. Soos Tom sal se: "Die lewe is om te groei, en
is nie maklik nie." So sluit aan by ons en reis verder saam met die boekklub. Sien jou in Merweville! What's In The Box: 4 x DVD