>  Music & Entertainment  >   Movies, Music & Entertainment  >   DVDs  >  Twee Grade Van Moord
Twee Grade Van Moord (DVD)


Twee Grade Van Moord (DVD)

1 Offer from:   R 125.00

Brand: Unbranded
Model: PLID42140683
Last Updated: 2021-06-18

1 Offer For Twee Grade Van Moord (DVD)
R ?  
Stock Unknown
Takealot
View Offer >

Product Information

Twee vroue en twee moorde. Die een is manslag wat 'n weerspieeling is van die uiterste vorm van selfgesentreerdheid; die ander een is die onselfsugtigste handeling van alle handelinge. Aleksa Cloete, 'n bekende Kaapstadse sielkundige, en haar pasient, Tanya Basson, gaan uitvind wat die verskil tussen die twee is ongeag wat die wet daaroor se. Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), 'n bekende Kaapstadse sielkundige, het 'n blitsverkoper met die naam Love Doesn't Hurt, geskryf, maar ten spyte van 'n lang en gelukkige huwelik met 'n toegewyde eggenoot, Ben (gespeel deur Marius Weyers), is haar begrip van die liefde volkome intellektueel. Hulle enigste kind, Christiaan (gespeel deur Roelof Storm) moes tydens sy grootword jare staatmaak op sy "tweede ma", die gesin se getroue huishoudster Fy Abrahams (gespeel deur Shaleen Surtie-Richards) vir enige broodnodige versorging of vertroeteling. As gevolg hiervan tree Christiaan soms openlik antagonisties teenoor Aleksa op. Ten spyte van Aleksa se persoonlike tekortkominge word 'n werklikheidstyl-dokumente rolprent gemaak oor haar deurbraak terapeutiese werk met vroue wat pyn met liefde verwar - en een van haar pasiente, Tanya Basson (Hilda Cronje), het ingestem dat haar lewe as 'n gevallestudie in die dokumente prent gebruik word. Tanya is in 'n verhouding met 'n

gospel-musiekster, 'n huigelaar wat sy "wedergeboorte"-status gebruik om sy gedrag teenoor haar, gedrag wat aan mishandeling grens, te regverdig. Een Vrydagaand, nadat Ben en Aleksa 'n heerlike aand saam deurgebring het, kry Ben onverwags 'n hartaanval. Hoewel hy dit oorleef , is die gevolge daarvan vir hom erger as die dood omdat hy van sy nek af ondertoe verlam is. Aleksa begin dadelik om haar verantwoordelikhede af te skaal sodat sy Ben kan versorg en sy hou haar doof vir sy pleidooie dat sy met haar lewe as openbare figuur moet voortgaan. Sy gee aan die vervaardiger van die dokumente fliek (Frankie Pietersen) toestemming om die situasie met Ben in die prent te gebruik, hoofsaaklik omdat sy hoop dat die verfilming dan vinniger afgehandel sal wees. Die feit dat Christiaan onverwags haar besluit goedkeur, oortuig Aleksa daarvan dat sy die regte ding doen.



EAN: 6009707130243
Load Time: 0 seconds